Trump herhaal Iran mag nooit kernwapens hê

Loading player...
Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê 'n Iranse regime gewapen met langafstandmissiele en kernwapens hou 'n ernstige bedreiging vir alle Amerikaners in. Dit volg terwyl Iran se vergelding toeneem nadat die land se opperleier, ajatolla Ali Khamenei, Saterdag dood is in Amerikaans-Israelse aanvalle. Drie Amerikaanse Weermaglede is ook dood tydens Operasie Epic Fury, en vyf ernstig gewond. Trump sê Iran verwerp all geleenthede om sy kerndoelwitte te laat vaar:
2 Mar 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA inflasie styg tot 4% in April weens duur brandstof

Verbruikersinflasie het verlede maand tot 4,0-persent gestyg vanaf 3,1-persent in Maart, hoofsaaklik aangevuur deur skerp stygings in brandstofpryse. Dit is die hoogste syfer sedert Augustus 2024. Brandstofkoste het maand-tot-maand met 18,2-persent gestyg, die hoogste in 18-jaar, met petrolpryse wat met 15,2-persent gestyg het en dieselpryse met 35,4-persent. Vervoerkoste het ook…
20 May 9AM 1 min

VSA gereed om Iran aan te val: Vance

Die Amerikaanse vise-president, JD Vance, sê hulle is slaggereed om Iran met mening aan te val indien hulle nie binnekort 'n vredeskikking bereik nie. President Donald Trump het Dinsdag gesê drie Golf-lande het hom versoek om die aanval op Teheran uit te stel, slegs 'n uur voordat hy dit sou…
20 May 9AM 1 min

Wette verbied ongevraagde tenders: finansministerie

Die finansministerie sê dat die regering nie befondsing vir infrastruktuurprojekte deur ongevraagde private tenders of individuele agente aanvaar nie. Dit volg op 'n onlangse toestroming van private beleggingsvoorstelle. Die ministerie beklemtoon dat alle openbare lenings streng by gevestigde nasionale wette moet hou. Ingevolge die Staatsfinansieswet en die Wet op Openbare…
20 May 8AM 1 min

Kuba-inval kan regime versterk: Castro se dogter

Al hoe meer ontleders meen dat Amerikaanse president Donald Trump sy visier op Kuba het en moontlik daar ‘n inval in daardie land uitgevoer kan word. Kuba is op sy knieë as gevolg van die embargo, ook op olie, wat op die land deur die Amerikaanse regering geplaas is, veral…
20 May 8AM 1 min

Vhungu Vhungu het alle landerye aangeplant, verwag groot mielie-oes

Die bestuurder van die Vhungu Vhungu-groenskema in die Kavango Oos-streek, Floris Smith, sê hy sal na verwagting tussen 1 900 en 2 000 metrieke ton mielies gedurende die huidige seisoen oes, ten spyte van terugslae wat veroorsaak is deur uitdagings met elektrisiteitsvoorsiening en windstormskade aan mielies en twee besproeiingspilpunte verlede…
20 May 7AM 1 min