
VK keur VSA-gebruik van basisse vir aanvalle op Iran goed
Loading player...
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê sy land het ’n versoek van Amerika goedgekeur om Britse Weermagbasisse te gebruik vir verdedigende aanvalle teen Iran. Die Lugmagbasisse is Fairford in Gloucestershire en die hoogs omstrede Diego Garcia op die Chagos-eilande. Starmer het herhaal dat Brittanje nie betrokke was in Saterdag se Amerikaans-Israelse lugaanvalle op Iran waarin die land se opperleier, Ali Khamenei, dood is nie:

