
Chemoterapie nou beskikbaar aan die kus
Loading player...
Die Kankervereniging van Nambië het 'n chemoterapiesentrum by die Walvisbaai-staatshospitaal oorhandig. Dit beteken kuspasiënte hoef nie meer na Windhoek te reis vir kankerbehandeling nie. Swakop Uranium het meer as 2 miljoen Namibiese dollar vir die fasiliteit bygedra. Die vereniging se uitvoerende hoof Rolf Hansen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

