Nanso ruk op op Otji oor beweerde polisie-aanrandings

Loading player...
Leerders en die gemeenskap van Otjiwarongo het Vrydag saam met die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, opgeruk om ‘n petisie aan die polisie te oorhandig as protes teen die onlangse beweerde aanranding van 31 seuns van die Karundu Junior Sekondêre Skool. Nege polisiebeamptes het glo in klastyd by die skool opgedaag rakende selffoondiefstal, die seuns in polisievoertuie gelaai en hulle buite die dorp na bewering met stokke en gordels geslaan. 'n Ondersoek deur die Polisiegedrag- en Ondersoekdirektoraat is van stapel gestuur. Die voorsitter van Nanso in die Otjozondjupa-streek, Sam Murenga, het die petisie voorgelees:
28 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

LP's 'moet werk om openbare vertroue te herwin'

Openbare Rekeningekomitees van reg oor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap vergader in Swakopmund om parlementêre toesig, deursigtigheid en openbare finansiële bestuur te versterk. Die voorsitter van die plaaslike komitee, Hendrik Gaobaeb, sê een van die grootste uitdagings waarmee parlementêre staande komitees te kampe het, is swak openbare betrokkenheid wat veroorsaak word deur…
20 May 11AM 1 min

Engeland-afrigter verdedig SA-gebore senter in oefengroep

Rugby: Engeland se afrigter, Steve Borthwick, het sy besluit verdedig om die Suid-Afrikaans-gebore senter Benhard Janse van Rensburg na sy oefenkamp vir die Nasiesbeker-kampioenskap te nooi. Die 29-jarige voormalige SA-20-speler voltooi op 8 Julie sy vyfjaar-tydperk om hom verkiesbaar te maak. Die Rugby-unie het Wêreldrugby oorreed om die datum van…
20 May 11AM 1 min

Mynaktiwiteit daal, maar eiendom-beleggers kan gelok word

Terwyl net een uit elke 1 000 eksplorasieprojekte tot ‘n myn lei en uiters duur is, toon Namibië se mynbousektor 'n merkbare verlaging in prospekteeraktiwiteit. Nie-eksklusiewe prospekteerlisensies het skerp gedaal van 'n rekordpiek van 987 in 2023, na slegs 415 in 2025. Eksklusiewe prospekteerlisensies het eweneens gedaal, van 71 in…
20 May 11AM 1 min

Debat oor presidensiële salarisgaping 'gaan oor meer as geld'

'n Debat het ontstaan oor die gaping tussen die salaris van die president en dié van uitvoerende hoofde van openbare entiteite, wat gereeld meer verdien. Lede van die publiek het kommer uitgespreek oor die gaping. Kosmos 94,1 Nuus het reaksie by bestuurskenner Pius Dunaiski gekry. Hy meen die kommer is…
20 May 10AM 1 min

Fabupharm maak steeds gehalte-medisyne: stigter

Fabupharm-stigter Fanie Badenhorst sê die privaatsektor bly verbind tot die vervaardiging van plaaslike medisyne van gehalte. Badenhorst het tydens 'n hoëvlak-regeringsbesoek vandag gelei deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah aan hul Otjiwarongo-aanleg, gesê die maatskappy gaan voort om te herbelê in die nuutste toerusting en stelsels om die naatlose voorsiening en sekuriteit…
20 May 10AM 1 min