Jhb se Forensiese-laboratoium sloer sedert 2016, word net duurder

Loading player...
Die DA in Johannesburg het vertragings in die voltooiing van die Johannesburg Forensiese Patologie-laboratorium by Helen Joseph Hospitaal gekritiseer. Die verteenwoordiger van die DA, Madeleine Hicklin sê die fasiliteit, wat in 2016 met 'n begroting van 588 miljoen Suid-Afrikaanse rand begin is, kos belastingbetalers nou meer as 703 miljoen rand, en is steeds onvoltooid. Dit is ten spyte van 2025-beloftes deur die LUR vir Infrastruktuurontwikkeling, Jacob Mamabolo. Sy waarsku die vertragings beïnvloed tydige nadoodse ondersoeke en forensiese dienste in Gauteng:
26 Feb 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rugby: Blue Bulls klop Welwitchias net-net

Die Vodacom Blue Bulls het die Welwitschia Uitnodiging XV-span Saterdag in ‘n naelbytstryd in die Hage Geingob-stadion met 50-47 geklop. Ruda Schoeman van Kosmos 94.1 het ná die wedstryd met Welwitschia-kaptein Danco Burger gepraat:
12 Jul 1AM 1 min

Vlugbal: Corporate Volleyball reusesukses op Swakopmund

Corporate Volleyball Swakopmund se vierde jaarlikse 4-aan-’n-kant strandvlugbalkompetisie Saterdag was ‘n reusesukses met 216 spelers in 36 spanne wat in 116 wedstryde tydens die dag meegeding het. Rössing Uranium 2 het uiteindelik met die louere weggestap. Jean-Louis Knouwds van Kosmos 94.1 het met organiseerder JP Archer op Swakopmund gesels:
12 Jul 12AM 1 min

Twee in Soweto vas ná gruvonds

Twee mans is in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes 'n gekaapte voertuig en vermoedelike menslike organe by 'n woning in Naledi, Soweto, ontdek het. Die woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Xolani Fihla, sê die taktiese reaksie-eenheid het 'n wenk opgevolg oor 'n voertuig wat by die eiendom afgetakel word. Hy het…
11 Jul 6AM 1 min

Namfisa, dorpsrade dop regstellende-aksietoets

Groot werkgewers soos Namfisa, die Oshakati- en Outapi-dorpsrade, NovaNam Group, City Lodge Hotels, Nutam Operations en AB InBev Namibia se regstellende-aksieverslae is deur die Diensbillikheidskommissie na onlangse hersieningspaneelverhore afgekeur, nadat bemiddeling onsuksesvol was. Die kommissie sê die verslae het onder meer nie voldoen aan vereistes oor die aanstelling van gekwalifiseerde…
11 Jul 5AM 1 min