Ontwikkelingskomitees vir Khomas-gemeenskappe gekies

Loading player...
Verskeie gemeenskapsvergaderings het die naweek plaasgevind in plekke soos Groot Aub, Nauaspoort, Baumgartsbrunn en die Mix Settlement om ontwikkelingskomitees vir die gemeenskappe tot stand te bring. Die Khomasstreeksraad het die vergaderings gereël. Kosmos 94.1 Nuus het met raadslid Willem Gariseb gepraat.
8 Feb 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Los paniek-brandstofaankope, daar's genoeg voorraad

Tydens die aankonding vir die prysverhoging van petrol met 2 Namibiese dollar en 50 sent per liter en 'n verhoging van 4 dollar per liter vir beide grade diesel, het lynminister Modestus Amutse gewaarsku teen paniekaankope van brandstof. Hy sê dat die land tans genoeg brandstofvoorraad het om in twee…
27 Mar 10AM 1 min

Witvlei-slagpale kry potensiële belegger: Agribank

Agribank het bevestig dat hy 'n potensiële belegger gevind het om die Witvlei-slagpale te laat herleef, meer as 'n dekade na die ineenstorting daarvan, veroorsaak deur die verlies van 'n winsgewende Noorse beesvleisuitvoerkwota wat die staat aan Meatco toegeken het. Die geskil oor kwotas en verminderde toewysings het Sidney Martin…
27 Mar 10AM 1 min

ECB lei nou Afrika-reguleerdersliggaam

Die Elektrisiteitsbeheerraad van Namibië is pas verkies as die nuwe voorsitter van die Vereniging van Reguleerders van Energie- en Waterdienste van Afrika. Die organisasie se fokusareas sluit in regulatoriese raamwerke, infrastruktuurontwikkeling en streeksintegrasie. Robert Kahimise, die uitvoerende hoof van die beheerraad, neem die rol van voorsitter oor:
27 Mar 9AM 1 min

Cyril was op sluipmoordlys, getuig De Kock

Die voormalige apartheidspolisiebevelvoerder Eugene de Kock het in die Hooggeregshof in Gqeberha getuig president Cyril Ramaphosa was op 'n lys van mense wat vir 'n sluipmoord geteiken was. De Kock het virtueel getuig in die Cradock Vier-ondersoek en gesê hy is beveel om 33 individue te vermoor, maar het geweier…
27 Mar 9AM 1 min

Enkelbedrag aftree-uitbetalings gaan voort: Namfisa

Namfisa het bevestig dat enkelbedrag aftree-uitbetalings onveranderd sal bly onder FIMA. Dit volg op 'n vergadering met die aftreefondsbedryf, waar 18 bekommernisse van die Aftreefonds-instituut van Namibië aangespreek is, insluitend kommutasiereëls wat lede toelaat om een derde belastingvry te neem en die res as 'n belasbare enkelbedrag. Woordvoerder Victoria Raimond…
27 Mar 8AM 1 min