Steenhuisen is bewys van DA se balanseertoertjie

Loading player...
Die politieke ontleder, Daniel Silke, sê John Steenhuisen se onttrekking aan die DA-leierskap weerspieël die party se moeilike balanseertoertjie om in die regering van nasionale eenheid te dien. Steenhuisen het gister aangekondig hy gaan nie by die party se federale kongres in April probeer om ʼn derde termyn as DA-leier te dien nie. Silke sê die DA moet sy opposisie in die RNE handhaaf, maar word terselfdertyd bedreig deur die versplintering van kiesers weens interne spanning:
5 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Samewerking gevra om SA behuisingsnood aan te spreek

Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, het 'n beroep gedoen vir dringende, grootskaalse samewerking tussen die regering, die privaat sektor en finansiële instellings om Suid-Afrika se behuisingsagterstand aan te spreek. Die agterstand staan tans op ongeveer 2,6-miljoen eenhede, wat meer as 12-miljoen mense raak. Simelane sê die land word…
27 Mar 11AM 1 min

Sabalenka verwag taai Miami Ope-eindstryd teen Gauff

Tennis: Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, kom môre in die Miami Ope se eindstryd teen Coco Gauff te staan. Sabalenka, ʼn viermalige Grand Slam-kampioen, het Elena Rybakina van Kazakstan geklop. Sy kort net een oorwinning om met die gesogte Sonskyn-dubbel te spog ná haar sege vroeër die maand by…
27 Mar 11AM 1 min

Westdene-busramp, 41 jaar later

Dit is vandag 41 jaar sedert die Westdene-busramp waarin 42 kinders gesterf het toe 'n bus wat leerders van Hoërskool Vorentoe vervoer het, op die Westdene-damwal verongeluk en in die dam gesink het net na een-uur die middag. Daar is 30 kinders gered. Tot vandag toe weet niemand presies wat…
27 Mar 10AM 1 min

Los paniek-brandstofaankope, daar's genoeg voorraad

Tydens die aankonding vir die prysverhoging van petrol met 2 Namibiese dollar en 50 sent per liter en 'n verhoging van 4 dollar per liter vir beide grade diesel, het lynminister Modestus Amutse gewaarsku teen paniekaankope van brandstof. Hy sê dat die land tans genoeg brandstofvoorraad het om in twee…
27 Mar 10AM 1 min