Handelsbalans-tekort krimp na N$393 miljoen in Desember

Loading player...
Die Namibië Statistieke Agentskap het die Desember 2025 Internasionale Handelsware Statistieke vrygestel. Namibië se handelsbalans, die verskil tussen invoere en uitvoere, het 'n tekort van 393 miljoen Namibiese dollar aangeteken. Dit is 'n beduidende verbetering op die tekort van 4,4 miljard dollar in November. Op 'n jaarbasis is 'n surplus van 297 miljoen dollar geregistreer. Die agentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo, het meer.
4 Feb 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

O&L heet nou OL, onder nuwe handelsmerk

O&L het 'n nuwe blaadjie omgeslaan en 'n handelsmerkverandering ondergaan na OL. Die grootste Namibiese privaatsektor maatskappy poog nou om 'n bedryfswins van 2,5 miljard Namibiese dollar teen 2029 te maak. Die maatskappy se nuwe slagspreuk lees "One OL. One Persona. One Future.” OL sal die nuwe identiteit oor die…
21 May 11AM 1 min

Kaapstad parkeerterrein word bekostigbare behuising, winkels

Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomitee het planne goedgekeur dat ʼn munisipale parkeerterrein by die Burgersentrum in die middestad vir bekostigbare behuising en gemengde gebruik ontwikkel word. Die terrein word tans gebruik as opelug-parkeergebied vir personeel. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die terrein is strategies geleë in die Strandgebied en naby groot…
21 May 11AM 1 min

As jy wil dien, kyk uit vir NamPol-werwings

Vrydag gradueer 1 380 nuwe rekrute van Namibiese polisie. NamPol-woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, sê die geleentheid, wat by die Oshakati Onafhanklikheidstadion plaasvind, vorm deel van die regering se pogings om polisiesigbaarheid en -teenwoordigheid binne plaaslike gemeenskappe te versterk. Sy moedig Namibiërs aan om gereeld uit te kyk vir polisie-werwingsaankondigings en…
21 May 10AM 1 min

LPM-rade 'verbind daartoe om nutsdienste-skuld te delg'

Na aanleiding van kommer oor die stygende bedrae wat aan NamWater en NamPower verskuldig is, veral in die Suide, sê die LPM dat plaaslike owerhede se groeiende skuld grootliks van vorige administrasies geërf is. Woordvoerder Lifalaza Simataa sê rade wat deur die LPM regeer word, het reeds terugbetalingsreëlings beding om…
21 May 10AM 1 min

Onnodige werkwinkels en reise 'is ook korrupsie'

Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie, Paulus Noa, het regeringsamptenare gewaarsku teen die deelname aan korrupte aktiwiteite, ongeag hoe gering dit mag voorkom. Noa het tydens voortgesette streekskonsultasies oor die Nasionale Teenkorrupsiestrategie en die Nasionale Etiek- en Teenkorrupsiebeleidsraamwerk in Rundu gesê korrupsie en die wanbestuur van openbare hulpbronne bly plaaslike gemeenskappe…
21 May 10AM 1 min