Tories sê Starmer moet verduidelik oor Mandelson

Loading player...
Die leier van die Britse Konserwatiewe Party, Kemi Badenoch, sê eerste minister Keir Starmer sal moet antwoorde verskaf oor Peter Mandelson, insluitend oor sy aanstelling as ambassadeur in Amerika. Die voormalige minister van Arbeid word beskuldig dat hy mark-sensitiewe staatsinligting aan die Amerikaanse finansier en seksoortreder, Jeffrey Epstein, verskaf het. Die Metropolitaanse Polisie ondersoek Mandelson strafregtelik oor bewerings van wangedrag in ’n openbare amp. Badenoch sê die ondersoek was onvermydelik:
4 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Amper 54 000 buitelanders gerepatrieer

Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die regering gaan voort om buitelanders na hul lande terug te stuur volgens riglyne van die Inter-ministeriële Komitee oor Migrasie se vyfpuntplan. Tot op hede is 53 449 buitelanders vir deportasie en repatriasie verwerk. Die meeste is Malawiese burgers, gevolg…
13 Jul 5AM 1 min

Diversiteit maak staatsdiens indiensneming moeilik

Die kommissaris van die Staatsdienskommissie, Gerson Kamatuka, sê die kommissie staar uitdagings in die gesig met die implementering van die grondwetlike vereiste vir 'n gebalanseerde staatsdiens in 'n land so uiteenlopend soos Namibië. Kamatuka het die opmerkings gemaak tydens die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Onderwys, Wetenskap, Informasie en…
13 Jul 5AM 1 min

Cachalia verdedig R600m op sekuriteit tydens betogings

Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het kommer uitgespreek oor wat hy beskryf as wydverspreide waninligting en opruiende retoriek teen die Suid-Afrikaanse regering. Die regering is gekritiseer oor die toekenning van 600-miljoen Suid-Afrikaanse rand vir polisiëring tydens die 30 Junie-betogings teen ongedokumenteerde immigrante. Cachalia het gister tydens ʼn vergadering…
13 Jul 4AM 1 min

Media se rol in omgewingsake in die soeklig

Joernaliste van reg oor die land het in Windhoek bymekaargekom om te ondersoek hoe die media beriggewing oor omgewingskwessies, ontginningsbedrywe, olie en gas, en die land se opkomende groenwaterstofsektor kan versterk. Die Namibia Media Trust het die dialoog aangebied as deel van die EU-befondsde The Green Screen, wat daarop gemik…
13 Jul 4AM 1 min

Tom Kim vat Skotse Ope

Tom Kim van Suid-Korea het sy eerste PGA Toer-titel in drie jaar opgeraap toe hy die Skotse Ope by die Renaissance-klub gewen het. Die 24-jarige Kim het ʼn oorwinning van twee houe oor die Australiër, Min Woo Lee, behaal om sy vierde PGA Toer-titel te buit. Die Skot, Robert MacIntyre,…
13 Jul 3AM 1 min