Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die regering gaan voort om buitelanders na hul lande terug te stuur volgens riglyne van die Inter-ministeriële Komitee oor Migrasie se vyfpuntplan. Tot op hede is 53 449 buitelanders vir deportasie en repatriasie verwerk. Die meeste is Malawiese burgers, gevolg…
Die kommissaris van die Staatsdienskommissie, Gerson Kamatuka, sê die kommissie staar uitdagings in die gesig met die implementering van die grondwetlike vereiste vir 'n gebalanseerde staatsdiens in 'n land so uiteenlopend soos Namibië. Kamatuka het die opmerkings gemaak tydens die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Onderwys, Wetenskap, Informasie en…
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het kommer uitgespreek oor wat hy beskryf as wydverspreide waninligting en opruiende retoriek teen die Suid-Afrikaanse regering. Die regering is gekritiseer oor die toekenning van 600-miljoen Suid-Afrikaanse rand vir polisiëring tydens die 30 Junie-betogings teen ongedokumenteerde immigrante. Cachalia het gister tydens ʼn vergadering…
Joernaliste van reg oor die land het in Windhoek bymekaargekom om te ondersoek hoe die media beriggewing oor omgewingskwessies, ontginningsbedrywe, olie en gas, en die land se opkomende groenwaterstofsektor kan versterk. Die Namibia Media Trust het die dialoog aangebied as deel van die EU-befondsde The Green Screen, wat daarop gemik…
Tom Kim van Suid-Korea het sy eerste PGA Toer-titel in drie jaar opgeraap toe hy die Skotse Ope by die Renaissance-klub gewen het. Die 24-jarige Kim het ʼn oorwinning van twee houe oor die Australiër, Min Woo Lee, behaal om sy vierde PGA Toer-titel te buit. Die Skot, Robert MacIntyre,…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.