Die Omaheke-streek het vanoggend sy driedaagse Onderwysberaad 2026 geopen. Die beraad is daarop gemik om vennootskappe tussen primêre, sekondêre en tersiêre instellings te versterk. Die Omaheke-streek se direkteur van onderwys, Constance Watenaar, sê die beraad is veral daarop gemik om die swak vlakke van syfervaardigheid en geletterdheid op primêre vlakke…
ActionSA sê na dekades onder ANC-leierskap word die belofte van vryheid ondermyn deur gebrekkige dienslewering, toenemende werkloosheid en verswakte instellings. Die party sê hy het doelbewuste stappe gedoen om ʼn geloofwaardige, gestruktureerde alternatief te bou. ActionSA-woordvoerder Boitumelo Molefe sê hulle het die afgelope maande nasionaal uitgebrei met die doel om…
Die Amerikaanse aanklaer vir die Distrik van Columbia, Jeanine Pirro, het bevestig dat Cole Tomas Allen, verdagte in die skietery by die Withuis-korrespondente-dinee, nog aanklagte in die gesig staar. Die 31-jarige Allen word van drie federale misdade aangekla: poging om die president te vermoor, vervoer van ʼn vuurwapen oor staatsgrense…
Die sewende Harley Davidson-kussaamtrek begin op 29 April en duur tot 5 Mei, wat Harley-ryers van reg oor Namibië en Suid-Afrika sal trek. Dit begin Woensdag by die Old Wheelers-klub in Windhoek. Donderdag sal die motorfietsryers vertrek na Swakopmund, waar hulle om vieruur by die Dome sal vergader. Vrydag sal…
Die sentrale bank se monetêre beleidskomitee vergader tans en die repokoers sal môre bekend wees. Kosmos 94.1 Nuus het by Cirrus-ekonoom Oliver Diggle sy voorspelling gekry. Hy verduidelik wat die moontlike uitkoms kan wees en waarom 'n verhoogde repokoers nie noodwendig sin gaan maak nie.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.