Wes-Kaapse owerhede moet nog toetse op 3 000 wapens doen

Loading player...
Die DA in die Wes-Kaap waarsku byna 3 000 vuurwapens waarop beslag gelê is, het nie ballistiese toetse ondergaan nie, wat geregtigheid vertraag en misdadigers op vrye voet laat. Die polisie het sedert 2023 beslag gelê op 3 104 wapens, maar slegs 466 word aan vorige misdade verbind met 2 985 wat nie getoets is nie. Die DA-lid, Benedicta van Minnen, sê die krisis word vererger deur vermiste reeksnommers en 58 vuurwapens wat by staatsamptenare gesteel is:
30 Jan 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA waghond waak teen prysuitbuiting ná brandstofskok

Die Mededingingskommissie van Suid-Afrika sê die oorlog in die Midde-Ooste het veroorsaak dat wêreldwye oliepryse tot meer as 100 Amerikaanse dollar per vat gestyg het. Woordvoerder Siyabulela Makunga sê daar is 'n duidelike risiko dat gewetenlose ondernemings die skielike styging en onsekerheid in brandstofpryse sal uitbuit deur pryse buitensporig te…
28 Mar 2AM 1 min

Copps 94.1: Windhoekers beïndruk visepresident Witbooi

Visepresident Lucia Witbooi het Vrydagaand by die Copps 94.1-span in die hoofstad aangesluit om haar van die doen en late van Windhoekers op maandeinde te vergewis. Op die misdaadfront was dit ‘n stil aand met geringe insidente en Witbooi het haar tevredenheid met inwoners se gedrag uitgespreek. Sy het met…
28 Mar 1AM 1 min

Namibië benodig 100 miljoen liter brandstof maandeliks

Energieminister Modestus Amutse het aangekondig dat Namibië se jaarlikse brandstofverbruik ongeveer 1,1 miljard liter is, waarvan 70 persent diesel en 30 persent petrol is. Dit is gelykstaande aan ongeveer 100 miljoen liter petrol en diesel wat maandeliks verbruik word. Amutse sê ten spyte daarvan dat die land nie sy eie…
28 Mar 12AM 1 min

Samewerking gevra om SA behuisingsnood aan te spreek

Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, het 'n beroep gedoen vir dringende, grootskaalse samewerking tussen die regering, die privaat sektor en finansiële instellings om Suid-Afrika se behuisingsagterstand aan te spreek. Die agterstand staan tans op ongeveer 2,6-miljoen eenhede, wat meer as 12-miljoen mense raak. Simelane sê die land word…
27 Mar 11AM 1 min