Paramedici sê meer as tien mense is beseer toe 'n gebou in eBuhleni Village in Inanda in die noorde van Durban ingestort het. Kerk-lidmate het met reddingspogings begin voor noodpersoneel op die toneel was. Die oorsaak word ondersoek. Woordvoerder, Garrith Jamieson, sê minstens agt mense is hospitaal toe geneem voor…
Die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate, sê die voorgestelde uraan-in-situ-loogmynbouprojek in die Leonardville-gebied, wat aansienlike debat ontketen het, kan beduidende ekonomiese voordele vir inwoners van die streek inhou. In sy streeksrede het Nganate gesê die Stampriet-akwifeer is die gebied se enigste bron van water, en dat alle nodige omgewingsassesserings…
'n Reuse poging om grondbesit te wettig is amptelik op Groot Aub aan die gang, met Stad Windhoek wat 'n groot huurkontrak-ondertekening- en verifikasieveldtog vir honderde gesinne van stapel stuur. Stad Windhoek se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, waarsku inwoners om te waak teen aggressiewe eiendomsbedrieërs wat die gebied teiken.
Reaksie word steeds ontvang op Namibië se hoëvlak, weeklange besoek aan China, gelei deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Tydens die besoek het amptenare 'n reeks ooreenkomste onderteken. Nie almal is egter oortuig dat Namibië ekonomiese betrekkinge met China verder moet versterk nie. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom dr. Roelof Botha…
Minister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling, James Sankwasa, sê plaaslike owerhede wat versuim om opgedateerde geouditeerde finansiële state in te dien, sal nie hul begrotingstoekennings van die regering ontvang nie. Hy het vandag tydens sy vergadering met die Otjiwarongo-dorpsraad gesê dat hierdie riglyn reeds op 1 Julie in werking getree…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.