Kaoko Fria: Daar is talle beleggers wat belangstel

Loading player...
Na die voltooiing van sy haalbaarheidsstudie vir die Kaoko Fria Smart City en diepsee-hawe, mik Kaoko Fria Investment nou daarna om finansiering vir die projek te bekom. Die studies toon 'n toename in die totale kapitaalbelegging in die projek van die aanvanklike 74 miljard Amerikaanse dollar tot 'n geraamde 100 miljard Amerikaanse dollar, byna 1.6 triljoen Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskappy se woordvoerder Immanuel Nghifikwa gepraat:
29 Jan 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gebou in Inanda stort in, 7 mense nog vasgekeer

Paramedici sê meer as tien mense is beseer toe 'n gebou in eBuhleni Village in Inanda in die noorde van Durban ingestort het. Kerk-lidmate het met reddingspogings begin voor noodpersoneel op die toneel was. Die oorsaak word ondersoek. Woordvoerder, Garrith Jamieson, sê minstens agt mense is hospitaal toe geneem voor…
13 Jul 11AM 1 min

Alle assesserings van uraan-loogmynbou sal gedoen word: Omaheke-goewerneur

Die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate, sê die voorgestelde uraan-in-situ-loogmynbouprojek in die Leonardville-gebied, wat aansienlike debat ontketen het, kan beduidende ekonomiese voordele vir inwoners van die streek inhou. In sy streeksrede het Nganate gesê die Stampriet-akwifeer is die gebied se enigste bron van water, en dat alle nodige omgewingsassesserings…
13 Jul 11AM 1 min

Oppas vir eiendomsbedrieërs, Groot Aub

'n Reuse poging om grondbesit te wettig is amptelik op Groot Aub aan die gang, met Stad Windhoek wat 'n groot huurkontrak-ondertekening- en verifikasieveldtog vir honderde gesinne van stapel stuur. Stad Windhoek se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, waarsku inwoners om te waak teen aggressiewe eiendomsbedrieërs wat die gebied teiken.
13 Jul 10AM 1 min

VSA 'beter ekonomiese vennoot as China'

Reaksie word steeds ontvang op Namibië se hoëvlak, weeklange besoek aan China, gelei deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Tydens die besoek het amptenare 'n reeks ooreenkomste onderteken. Nie almal is egter oortuig dat Namibië ekonomiese betrekkinge met China verder moet versterk nie. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom dr. Roelof Botha…
13 Jul 10AM 1 min

Geen geouditeerde finansiële state, geen geld van regering

Minister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling, James Sankwasa, sê plaaslike owerhede wat versuim om opgedateerde geouditeerde finansiële state in te dien, sal nie hul begrotingstoekennings van die regering ontvang nie. Hy het vandag tydens sy vergadering met die Otjiwarongo-dorpsraad gesê dat hierdie riglyn reeds op 1 Julie in werking getree…
13 Jul 10AM 1 min