O&L het 'n nuwe blaadjie omgeslaan en 'n handelsmerkverandering ondergaan na OL. Die grootste Namibiese privaatsektor maatskappy poog nou om 'n bedryfswins van 2,5 miljard Namibiese dollar teen 2029 te maak. Die maatskappy se nuwe slagspreuk lees "One OL. One Persona. One Future.” OL sal die nuwe identiteit oor die…
Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomitee het planne goedgekeur dat ʼn munisipale parkeerterrein by die Burgersentrum in die middestad vir bekostigbare behuising en gemengde gebruik ontwikkel word. Die terrein word tans gebruik as opelug-parkeergebied vir personeel. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die terrein is strategies geleë in die Strandgebied en naby groot…
Vrydag gradueer 1 380 nuwe rekrute van Namibiese polisie. NamPol-woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, sê die geleentheid, wat by die Oshakati Onafhanklikheidstadion plaasvind, vorm deel van die regering se pogings om polisiesigbaarheid en -teenwoordigheid binne plaaslike gemeenskappe te versterk. Sy moedig Namibiërs aan om gereeld uit te kyk vir polisie-werwingsaankondigings en…
Na aanleiding van kommer oor die stygende bedrae wat aan NamWater en NamPower verskuldig is, veral in die Suide, sê die LPM dat plaaslike owerhede se groeiende skuld grootliks van vorige administrasies geërf is. Woordvoerder Lifalaza Simataa sê rade wat deur die LPM regeer word, het reeds terugbetalingsreëlings beding om…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.