Cosatu sê SARB moet vanmiddag repokoers verlaag

Loading player...
Die vakverbond Cosatu vra die Suid-Afrikaanse Reserwebank om die terugkoopkoers met minstens 25 basispunte te verlaag. Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee vergader vandag. Die meeste voorspellings verwag ʼn daling van minstens 50 basispunte in 2026, met nog ʼn daling van 25 basispunte in 2027. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê werkers sukkel om die stygende lewenskoste te hanteer met elektrisiteit- en vervoerpryse ver bo die algemene inflasiekoers:
29 Jan 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gebou in Inanda stort in, 7 mense nog vasgekeer

Paramedici sê meer as tien mense is beseer toe 'n gebou in eBuhleni Village in Inanda in die noorde van Durban ingestort het. Kerk-lidmate het met reddingspogings begin voor noodpersoneel op die toneel was. Die oorsaak word ondersoek. Woordvoerder, Garrith Jamieson, sê minstens agt mense is hospitaal toe geneem voor…
13 Jul 11AM 1 min

Alle assesserings van uraan-loogmynbou sal gedoen word: Omaheke-goewerneur

Die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate, sê die voorgestelde uraan-in-situ-loogmynbouprojek in die Leonardville-gebied, wat aansienlike debat ontketen het, kan beduidende ekonomiese voordele vir inwoners van die streek inhou. In sy streeksrede het Nganate gesê die Stampriet-akwifeer is die gebied se enigste bron van water, en dat alle nodige omgewingsassesserings…
13 Jul 11AM 1 min

Oppas vir eiendomsbedrieërs, Groot Aub

'n Reuse poging om grondbesit te wettig is amptelik op Groot Aub aan die gang, met Stad Windhoek wat 'n groot huurkontrak-ondertekening- en verifikasieveldtog vir honderde gesinne van stapel stuur. Stad Windhoek se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, waarsku inwoners om te waak teen aggressiewe eiendomsbedrieërs wat die gebied teiken.
13 Jul 10AM 1 min

VSA 'beter ekonomiese vennoot as China'

Reaksie word steeds ontvang op Namibië se hoëvlak, weeklange besoek aan China, gelei deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Tydens die besoek het amptenare 'n reeks ooreenkomste onderteken. Nie almal is egter oortuig dat Namibië ekonomiese betrekkinge met China verder moet versterk nie. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom dr. Roelof Botha…
13 Jul 10AM 1 min