SA-likwidasies daal effe in 2025

Loading player...
Statistieke Suid-Afrika sê totale likwidasies het verlede jaar met 1,1-persent gedaal vergeleke met 2024. Maatskappylikwidasies het met 1,8-persent afgeneem en beslote korporasie-likwidasies met 0,3-persent. Tussen Oktober en Desember het likwidasies met 14,5-persent gedaal, maar Onica Mushwana van Statistieke SA sê net in Desember het likwidasies met 11-persent gestyg, met maatskappy-likwidasies wat met 25 gevalle gestyg het, terwyl beslote korporasielikwidasies met 15 gevalle afgeneem het:
29 Jan 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

AfriForum bekommerd oor grond langs paaie

AfriForum sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap se voorgestelde beleidsveranderinge kan die agentskap oormatige beheer gee oor die gebruik van grond langs paaie. Die organisasie waarsku dat die voorstelle SANRAL sal toelaat om te besluit waar fasiliteite gebou word en watter besighede bedryf word, wat boere, grondeienaars en ondernemings langs die…
28 Mar 6AM 1 min

Navo het 'n groot fout begaan, sê Trump

Europese Navo-lede nie materiële ondersteuning verskaf het namate Amerika die vierde week van sy oorlog teen Iran binnegaan nie. Europese bondgenote is nie oor die aanvalle laat-April gekonsulteer nie, en baie het die aksie teëgestaan. Trump se verhouding met Navo is wisselvallig en sy opmerkings wek twyfel oor sy bereidwilligheid…
28 Mar 4AM 1 min

Tjivikua vol planne vir padnetwerk

Die nuut aangestelde uitvoerende hoof van die Padowerheid, Hippy Tjivikua, sê Namibië se padnetwerk moet met die toekoms in gedagte gebou word, aangesien hy oorneem wat hy beskryf as 'n verouderende en duur infrastruktuurstelsel. Tjivikua het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat sê padbeplanning kan nie net op huidige behoeftes fokus…
28 Mar 4AM 1 min

SA waghond waak teen prysuitbuiting ná brandstofskok

Die Mededingingskommissie van Suid-Afrika sê die oorlog in die Midde-Ooste het veroorsaak dat wêreldwye oliepryse tot meer as 100 Amerikaanse dollar per vat gestyg het. Woordvoerder Siyabulela Makunga sê daar is 'n duidelike risiko dat gewetenlose ondernemings die skielike styging en onsekerheid in brandstofpryse sal uitbuit deur pryse buitensporig te…
28 Mar 2AM 1 min

Copps 94.1: Windhoekers beïndruk visepresident Witbooi

Visepresident Lucia Witbooi het Vrydagaand by die Copps 94.1-span in die hoofstad aangesluit om haar van die doen en late van Windhoekers op maandeinde te vergewis. Op die misdaadfront was dit ‘n stil aand met geringe insidente en Witbooi het haar tevredenheid met inwoners se gedrag uitgespreek. Sy het met…
28 Mar 1AM 1 min