Rassie sê dis nou tyd vir Bokke-beplanning

Loading player...
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê noukeurige beplanning en skeppende denke is nodig in die uitdagende 18 maande in aanloop tot volgende jaar se Wêreldbekertoernooi. Suid-Afrika se seisoen skop in Julie af met die eerste Nasies-kampioenskap. In Augustus begin ’n geskiedkundige reeks van vier toetse tussen die Bokke en die All Blacks. Erasmus sê dis belangrik om spelers te bestuur wat oor verskillende kompetisies versprei is:
27 Jan 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gebou in Inanda stort in, 7 mense nog vasgekeer

Paramedici sê meer as tien mense is beseer toe 'n gebou in eBuhleni Village in Inanda in die noorde van Durban ingestort het. Kerk-lidmate het met reddingspogings begin voor noodpersoneel op die toneel was. Die oorsaak word ondersoek. Woordvoerder, Garrith Jamieson, sê minstens agt mense is hospitaal toe geneem voor…
13 Jul 11AM 1 min

Alle assesserings van uraan-loogmynbou sal gedoen word: Omaheke-goewerneur

Die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate, sê die voorgestelde uraan-in-situ-loogmynbouprojek in die Leonardville-gebied, wat aansienlike debat ontketen het, kan beduidende ekonomiese voordele vir inwoners van die streek inhou. In sy streeksrede het Nganate gesê die Stampriet-akwifeer is die gebied se enigste bron van water, en dat alle nodige omgewingsassesserings…
13 Jul 11AM 1 min

Oppas vir eiendomsbedrieërs, Groot Aub

'n Reuse poging om grondbesit te wettig is amptelik op Groot Aub aan die gang, met Stad Windhoek wat 'n groot huurkontrak-ondertekening- en verifikasieveldtog vir honderde gesinne van stapel stuur. Stad Windhoek se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, waarsku inwoners om te waak teen aggressiewe eiendomsbedrieërs wat die gebied teiken.
13 Jul 10AM 1 min

VSA 'beter ekonomiese vennoot as China'

Reaksie word steeds ontvang op Namibië se hoëvlak, weeklange besoek aan China, gelei deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Tydens die besoek het amptenare 'n reeks ooreenkomste onderteken. Nie almal is egter oortuig dat Namibië ekonomiese betrekkinge met China verder moet versterk nie. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom dr. Roelof Botha…
13 Jul 10AM 1 min