Motsepe stel Afrika-Nasiesliga bekend

Loading player...
Die president van die Konfederasie van Afrikasokker, Patrice Motsepe, het amptelik die nuwe Afrika-Nasiesliga bekendgestel, met 54 deelnemende lande. Die toernooi, wat in een land aangebied sal word tussen FIFA-toernooie, sal sone-kompetisies insluit met wenners wat sal deurdring na die eindstryd. Motsepe het onderneem om skeidregters te verbeter en respek vir alle nasies te verseker. Hy sê die liga poog om Afrika deur sokker te verenig met aansien soortgelyk aan die Afrikabekertoernooi:
19 Jan 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA sê Franse lening aan Transnet is goeie ding

Die DA verwelkom die aankondiging van 'n nuwe leningsooreenkoms ter waarde van 5,8-miljard Suid-Afrikaanse rand tussen die Franse Ontwikkelingsagentskap en Transnet om die koolstofuitstralings van die spoor- en hawewerksaamhede te verminder. Andrew de Blocq van die party sê Frankryk is Suid-Afrika se grootste buitelandse belegger. Hy sê hierdie fondse sal…
11 May 3AM 1 min

Starmer skop vas te midde van oproepe dat hy bedank

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê die jongste verkiesingsuitslae het nie sy vasberadenheid geraak om sy beloftes aan die Britse publiek na te kom nie, maar versterk dit eerder. 'n Aantal lede van die Arbeidersparty in die parlement eis sy bedanking ná 'n reeks rampspoedige uitslae in plaaslike verkiesings…
11 May 3AM 1 min

'ANC het geen respek vir Grondwet nie'

Die Activists and Citizens Forum sê die ANC-lede in die Parlement het die waardes, beginsels en missie van die party versaak. Die woordvoerder, Dennis Bloem, sê die Konstitusionele Hof-uitspraak oor President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-skandaal is weereens 'n bewys dat die ANC geen respek het vir die Grondwet van…
11 May 3AM 1 min

Trump verwerp Iran se voorstel

President Donald Trump van Amerika het Iran se reaksie op die onlangse vredesvoorstel verwerp en as “totaal onaanvaarbaar” beskryf. Teheran het sy reaksie gister voorgelê en volgens berigte sluit dit in dat die oorlog onmiddellik beëindig word en ʼn Amerikaanse see-blokkade verwyder word. Amerika se voorstel sluit in dat Iran…
11 May 3AM 1 min

Cessna 210 vermis op vlug na Keerweder

Die vervoerministerie is tans in 'n soek-en-reddingsvergadering na 'n Cessna 210 met drie passasiers aan boord, Sondagmiddag op 'n vlug van Windhoek na Keerweder in die Hardap-streek vermis geraak het. Die Direktoraat van Vliegtuigongeluk- en Voorvalondersoeke se interimdirekteur, Ben Engelbrecht het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die insident.
11 May 2AM 1 min