
SALGA vra dringende optrede om rampbestuur te versterk
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regerings, SALGA, vra versnelde nasionale optrede om munisipaliteite te ondersteun wat toenemend klimaat-verwante rampe beleef. Onlangse oorstromings, storms en veldbrande het eiendomme en mense se lewensbestaan vernietig, en meer as 30 lewens geëis. Die voorsitter van SALGA se werksgroep vir nooddienste en rampbestuur, Mluleki Nkosi, waarsku verouderde stelsels laat munisipaliteite met te min hulpbronne. Hy vra gemoderniseerde rampbestuur en opgradering van infrastruktuur, vroeë-waarskuwingstelsels, identifisering van risiko-gebiede en gemeenskapsopvoeding:

