Artikel 22-komitee stook godsdiensvure in SA

Loading player...
Die voorsitter van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe, Thoko Mkhwanazi-Xaluva, sê die liggaam sal voortgaan om die Artikel 22 ad hoc-komitee te ondersteun en verwerp bewerings dat bestaande wette voldoende is. Die komitee, met die opdrag om godsdienstige en kulturele gemeenskappe te beskerm, beklemtoon die verdediging van totale geloof. Sy sê hulle verdedig nie individue nie, eerder die Christelike geloof:
21 Dec 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA steek Spanje verby in sitrusproduksie

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê Suid-Afrika se produksiegroei moet beloon word met groter diplomasie en infrastruktuur-ondersteuning. Dit volg nadat die land Spanje amptelik verbygesteek het as grootste sitrus-uitvoerder, met 2,9-miljoen ton in 2025. Dit word toegeskryf aan Spaanse boere wat toenemend probeer aanpas by ingewikkelde klimaatstoestande. Die departement…
15 May 6AM 1 min

Senior partyleiers begin veskuiwings maak om Starmer uit te daag

Politiek in die Arbeidersparty is bedrywig met verskeie senior partylede wat reeds verskuiwings begin maak om as leier van die party te staan. Die Britse politieke historikus Anthony Seldon voorspel die tydlyn vir wanneer 'n nuwe premier gekies kan word, en sê dit kan iewers in September wees, wat hy…
15 May 6AM 1 min

Stad Windhoek vra vir titelaktes

Stad Windhoek vra alle eiendomseienaars binne sy uitgebreide munisipale grense om hul titelaktes by die afdeling eiendomsbelasting en -tariewe in te dien. Dit is nodig om die munisipale faktureringstelsel vir eiendomme wat geraak word deur die grensuitbreidings wat op 1 Augustus 2018 in werking getree het, op te dateer. Dit…
15 May 6AM 1 min

Zambezi-boere eis NDF moet toetree in veediefstal

Boere in die Zambezi-streek eis dringende militêre ingryping om veediefstal te bekamp nadat meer as 3 000 beeste ter waarde van sowat 24 miljoen Namibiese dollar na bewering sedert 2019 gesteel is sonder om teruggevind te word. Die boere het 'n petisie aan Zambezi-goewerneur Dorothy Kabula oorhandig. Vincent Siliye, voorsitter…
15 May 6AM 1 min

Nampo Oesdag sluit vandag af

Die 58ste Nampo Oesdag sluit vandag af. Dit was 'n besige week by Nampo-park net buite Bothaville in die Vrystaat, veral met die tema "Veerkragtigheid deur Innovasie" en die massiewe Toyota-wêreldrekordpoging vir die Hilux-byeenkoms wat vroeër hierdie week plaasgevind het. Pieter Moller, die bekende radiojoernalis, het met Kosmos 94.1 Nuus…
15 May 6AM 1 min