Die Afrika Ontwikkelingsbank se Volhoubare Energiefonds vir Afrika, Sefa, het op 10 April vanjaar 'n beroep vir voorstelle onder sy nuwe Groenwaterstofprogram gedoen, wat teen 11 Mei ingehandig moet wees. Daar is 20 miljoen Amerikaanse dollar beskikbaar vir voorbeleggingsfinansiering vir drie tot vyf uitgesoekte projekte. Die interim hoof van die…
Die ouditeur-generaal se kantoor sê al het die Suid-Afrikaanse Lugdiens in 2024/2025 'n wins aangeteken, is die lugredery finansieel buite beheer en sy syfers onbetroubaar. Volgens die redery het hy in die fiskale jaar tot einde Maart 2025 die tweede agtereenvolgende jaar sedert hy in April 2021 uit sakeredding is,…
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke sê 'n ondersoek is aan die gang na die oorsaak van 'n brand wat die kleinhandelwinkel by die Onder-Sabie-ruskamp in die Krugerwildtuin in Mpumalanga beskadig het. Besoekers word aangeraai om voorraad saam te bring terwyl die restaurant gesluit bly weens kragonderbrekings as gevolg van die brand…
ʼn Loopbaan-beste honderdtal van Abhishek Sharma het Sunrisers Hyderabad tot ʼn oorwinning van 47 lopies teen die Delhi Capitals gelei. Dis hul derde agtereenvolgende sege in die Indiese Premierliga. Die 25-jarige Sharma het ʼn onoorwonne 135 van 68 balle behaal, wat die vyfde hoogste telling in IPL-geskiedenis is. Dit het…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.