Die goewerneur van die Zambezi-streek, Dorothy Kabula, het vanmiddag geweier om 'n petisie van die United Democratic Party te ontvang. Die party wat in 2007 verban is weens sy afskeidingsagenda, wou 'n petisie indien dat die Zambezi-streek, histories bekend as die Caprivi-strook, van die res van Namibië afskei. Kabula sê…
Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het sy meegevoel betuig na die moord op Warrick Stock, algemeen bekend as DJ Warras, gister in Johannesburg. McKenzie beskryf hom as 'n gerespekteerde uitsaaier en kulturele figuur wat jong talent gekoester en Suid-Afrikaanse skeppendheid gevier het. Hy glo buitelanders betrokke…
Die Regshulpsentrum het sy heel eerste Regskampioen-toekennings aangebied, wat individue en instellings erken wie se bydraes toegang tot geregtigheid en menseregtebeskerming regoor Namibië versterk het. Die eerbewyse het gegaan aan Cronjé Incorporated en sosiale media-voorstander Gelda Waterboer. Die sentrum se direkteur Toni Hancox het meer:
Royale Wealth Management het met die uitvoerende hoof van Olthaver en List, Sven Thieme gepraat oor Namibië se opkomende olie- en gasvooruitsigte en die verantwoordelikheid wat daarmee gepaardgaan. Hulle bespreek die risiko om fokus te verloor op wat werklik saak maak vir langtermynbeleggings. Thieme gee 'n duidelike beeld van wat…
NamWater se uitstaande skuld het 2,8 miljard Namibiese dollar bereik, met dorpsrade wat vir die meeste daarvan verantwoordelik is. Sedert Februarie het die skuld met 16 persent vermeeerder. NamWater het die geld nodig vir die instandhouding en ontwikkeling van infrastruktuur. Die woordvoerder van Namwater, Lot Ndamanomhata het meer.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.