Olie-beleggers soek duidelikheid, of hulle loop: Thieme

Loading player...
Royale Wealth Management het met die uitvoerende hoof van Olthaver en List, Sven Thieme gepraat oor Namibië se opkomende olie- en gasvooruitsigte en die verantwoordelikheid wat daarmee gepaardgaan. Hulle bespreek die risiko om fokus te verloor op wat werklik saak maak vir langtermynbeleggings. Thieme gee 'n duidelike beeld van wat dit sal verg om die geleenthede te ontsluit.
17 Dec 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zambezi-goewerneur weier om UDP-petisie te ontvang

Die goewerneur van die Zambezi-streek, Dorothy Kabula, het vanmiddag geweier om 'n petisie van die United Democratic Party te ontvang. Die party wat in 2007 verban is weens sy afskeidingsagenda, wou 'n petisie indien dat die Zambezi-streek, histories bekend as die Caprivi-strook, van die res van Namibië afskei. Kabula sê…
17 Dec 10AM 1 min

Gayton McKenzie betreur moord op DJ Warras

Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het sy meegevoel betuig na die moord op Warrick Stock, algemeen bekend as DJ Warras, gister in Johannesburg. McKenzie beskryf hom as 'n gerespekteerde uitsaaier en kulturele figuur wat jong talent gekoester en Suid-Afrikaanse skeppendheid gevier het. Hy glo buitelanders betrokke…
17 Dec 10AM 1 min

LAC vier heel eerste Regskampioen-toekennings

Die Regshulpsentrum het sy heel eerste Regskampioen-toekennings aangebied, wat individue en instellings erken wie se bydraes toegang tot geregtigheid en menseregtebeskerming regoor Namibië versterk het. Die eerbewyse het gegaan aan Cronjé Incorporated en sosiale media-voorstander Gelda Waterboer. Die sentrum se direkteur Toni Hancox het meer:
17 Dec 9AM 1 min

Uitstaande NamWater-skuld bedreig watertoevoer

NamWater se uitstaande skuld het 2,8 miljard Namibiese dollar bereik, met dorpsrade wat vir die meeste daarvan verantwoordelik is. Sedert Februarie het die skuld met 16 persent vermeeerder. NamWater het die geld nodig vir die instandhouding en ontwikkeling van infrastruktuur. Die woordvoerder van Namwater, Lot Ndamanomhata het meer.
17 Dec 9AM 1 min

Visseryministerie verlaag toelaatbare maasbanker-vangs

Die visseryeministerie sê dat hy in 'n gevorderde stadium is van die implementering van die Visserye Telkaart, wat na verwagting in 2026 uitgerol sal word. Minister Inge Zaamwani het verduidelik dat die telkaart daarop gemik is om 'n deursigtige stelsel te vestig om streng byvangsbeheermaatreëls te monitor. Sy het ook…
17 Dec 8AM 1 min