Kaapstad-burgemeester skuif blaam vir gevaar op N2: GOOD-party

Loading player...
Die GOOD-party sê Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, se pogings om verantwoordelikheid vir geweldsmisdade op die N2 op die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap te plaas, is misleidend en teenstrydig. In die jongste voorval is ʼn 64-jarige afgetrede onderwyseres van Bloemfontein doodgesteek toe sy en haar man van die Kaapstad Internasionale Lughawe weggery het. GOOD-woordvoerder Siyabulela Mamkeli sê die deel van die N2 tussen die lughawe en die middestad word nie deur Sanral onderhou nie:
17 Dec 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tekort aan sweisvaardigheid vir groenwaterstof skep nuwe program

Die land se strewe na groenwaterstof-gebruik, buitelandse energie-eksplorasie en swaar nywerheid tref 'n kritieke knelpunt, naamlik die tekort aan internasionaal erkende sweiskundigheid. Die plaaslike ingenieursfirma Kraatz Engineering sê die land loop die risiko om groot industriële geleenthede te verloor tensy dit plaaslike kapasiteit volgens globale standaarde bou. Nou, deur 'n…
10 May 11PM 1 min

Phala Phala-uitspraak neem nie aanspreeklikheid ernstig op nie

Die African People’s Convention sê die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die Phala Phala-saak is 'n ernstige terugslag vir die ANC, aangesien hy nie die aanspreeklikheid ernstig opneem nie. Die woordvoerder, Freddy Mbhandze, sê die Konstitusionele Hof het eenparig teen die Parlement se vorige besluit beslis om die hersiening van…
10 May 11PM 1 min

Hupstoot vir Unam Cares op Schlip

Swavet Animal Health het die operasionalisering van die One Health-benadering versterk deur 'n tydige skenking van noodsaaklike veeartsenykundige voorrade, wat 'n suksesvolle Unam Cares-intervensie in die Schlip-nedersetting in die Hardap-streek ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Rachel Freeman van Unam Cares gepraat wat sê die inisiatief het hondsdolheid-entstowwe, ontwurmingstablette…
10 May 5AM 1 min

Jongste navorsing werp nuwe lig op Alzheimer

Daar word geglo dat Alzheimer se siekte veroorsaak word deur die opbou van amiloïedplaak in die brein, maar pogings dit te verminder, keer nie kognitiewe agteruitgang om nie, wat sommige laat wonder of iets anders aan die gang is. Die jongste navorsing fokus op die mutasie van 'n geen wat…
10 May 5AM 1 min

Greenback steeds veilige hawe in geldmark

Geopolitiese spanning en Amerikaanse sanksies het Rusland en China gedryf om meesal Chinese yuan en Russiese roebels in hulle bilaterale handel te gebruik, in plaas van die Amerikaanse dollar en die euro. Die dollar behou egter sy posisie as die primêre internasionale veilige hawe-geldeenheid. Kosmos 94.1 Nuus het met Suid…
10 May 3AM 1 min