
SA se inflasie-teiken raak Namibië, help om syfer te anker
Loading player...
Suid-Afrika se verwagte inflasiekoers vir 2026 het gedaal tot 3,8 persent, 'n 25-jaarlaagtepunt sedert 'n laer 3 persent-inflasieteiken aangekondig is. 'n Kwartaallikse opname in opdrag van die Reserwebank het die gemiddelde voorspelling vir 2027 op 3,7 persent aangedui. Kosmos 94.1 Nuus het met die Simonis Storm ekonoom Almandro Jansen, wat die impak daarvan op Namibië verduidelik.

