Niks is gedoen om oorstromings onder Hardap-damwal te verminder nie

Loading player...
Daar is verwagtinge dat die sluise van die Hardapdam tydens vanjaar se reënseisoen getrek sal word. Die dam is tans net minder as 59 persent vol en die watertafels in die opvangsgebied is ook hoër na die vorige seisoen. Die sluise moet op 70 persent getrek word. Ten spyte van hierdie verwagtinge is die rivier onder die damwal steeds nie skoon gemaak nie. Dit hou 'n groot risiko in vir moontlike oorstromings. Die landbouministerie is verantwoordelik daarvoor. Kosmos 94.1 Nuus het Dawie De Klerk,die voorsitter van die Hardap Boerevereniging gesels.
14 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Komitee monitor regeringsprogramme in Omusati

Die Parlementêre Staande Komitee oor Armoede-uitwissing is tans in die Omusati-streek as deel van die parlement se verantwoordelikheid om regeringsprogramme te monitor en hul impak op die verbetering van burgers se welstand te bepaal. Komiteevoorsitter Uahekua Herunga sê die besoek is daarop gemik om streekleiers te betrek en eerstehandse inligting…
11 May 11AM 1 min

Sterfte in Kaapstad toe boom op voertuig val

Een persoon is in Kenilworth in Kaapstad dood nadat 'n boom tydens gure weer in die Wes-Kaap op 'n motor geval het. Nog 'n motoris in Parow is in 'n soortgelyke voorval beseer. Stortreën en stormsterk wind teister steeds die provinsie en veroorsaak wydverspreide oorstromings, grondstortings, kragonderbrekings en padsluitings. Ramprisikobestuur…
11 May 11AM 1 min

Toerismeraad ontken hy gaan verblyfpryse reguleer

Die Namibiese Toerismeraad het bewerings van die hand gewys dat hy beplan om verblyfpryse by hotelle, lodges en ander fasiliteite te reguleer na aanleiding van klagtes oor buitensporige tariewe en 'n gebrek aan regulering in die toerismesektor. NTB-woordvoerder Flora Quest het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê Namibië funksioneer…
11 May 10AM 1 min

Ondersoek Telecom se swak diens: Nasionale Raad

Die Nasionale Raad doen 'n beroep op die inligtingministerie om die bedrywighede van Telecom Namibia ernstig te ondersoek om verbeterde dienslewering te verseker. Nasionale Raadslid John Moonde het kommer uitgespreek oor die voortgesette diensonderbrekings wat die staatsbeheerde maatskappy in sy internetdienste ervaar.
11 May 10AM 1 min