
BoN ondersoek kreatiewe bedryf
Loading player...
Die sentrale bank van Namibië is besig met 'n jaarlikse simposium vir die kreatiewe bedryf. Die simposium ondersoek hoe kreatiewe nywerhede volhoubare sakemodelle kan bou, toegang tot finansiering kan verkry en intellektuele eiendom kan beskerm. Die bespreking sal die befondsing, intellektuele eiendom en finansiële innoverings faktore ondersoek. By die opening het lynminister dr. Sanet Steenkamp die belangrikheid van die kreatiewe bedryf, onderstreep.

