
AU waarsku oor Trump se bewerings van Christen-sterftes in Nigerië
Loading player...
Die Afrika-unie Kommissie se voorsitter, Mahmoud Ali Youssouf, het teruggekap teen president Donald Trump van Amerika se bewerings van massamoorde op Christene in die noorde van Nigerië. Trump dreig met militêre optrede en beskuldig die Nigeriese regering dat hy nie, wat Trump as ʼn massaslagting op Christene in die land beskryf, keer nie. Dit is ten spyte van menseregtekenners se verklaring dat die meeste slagoffers van die gewapende Islamitiese groep, Boko Haram, Moslems is. Youssouf waarsku teen ongestaafde bewerings:

