Aartappelproduksie: Bewusmakingsessies begin

Loading player...
Die Namibiese Akkerbouraad nooi boere uit om aansoek te doen vir die Aartappelwaardeketting-ontwikkelingskema 2025 tot 2030, ’n strategiese inisiatief om plaaslike kommersiële aartappelproduksie ’n hupstoot te gee. Die skema het ten doel om kommersiële aartappelproduksie oor die volgende vyf jaar te stimuleer, en die raad sal bewusmakingsessies hou wat vandag in Windhoek begin. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die raad se tuinbou-ontwikkelingsbestuurder, Emilie Abraham, wat meer verduidelik.
11 Nov 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Polisie las klopjag ná massaskietvoorval in Pretoria

Die polisie het 'n klopjag na drie verdagtes van stapel gestuur na die moord op elf mense by 'n sjebien die Saulsville Hostel in Atteridgeville, in die weste van Pretoria. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die verdagtes het Saterdagoggend by die kuierplek aangekom en lukraak begin skiet. 'n Totaal van 25…
7 Dec 12AM 1 min

Goeie plaaslike oes laat pryse tuimel

Voermeester gee 'n oorsig oor die plaaslike oes van makro-kommoditeite wat bo-verwagting goeie resultate gelewer het. Dit het veroorsaak dat die aanbod die vraag oorskry, wat pryse laat daal het. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaco Labuschagne, die uitvoerende hoof van Voermeester gepraat:
6 Dec 5AM 1 min

Cuvelai wil 10 000 huise bou

'n Nuwe nasionale behuisingsprogram het ten doel om 100 000 bekostigbare huise in net vyf jaar te bou. Die Cuvelai Spesiale Behuisingskemafonds het sy eerste fase afgeskop, met die doel om 10 000 nuwe eenhede te bou, met 2 142 wat vir Keetmanshoop alleen beplan word. Die skema bied huise…
6 Dec 4AM 1 min

Sluipmoord op Madlanga-getuie

Die polisie het 'n soektog op tou gesit na huurmoordenaars wat "Getuie D" van die Madlanga-kommissie gisteraand in Brakpan, Ekurhuleni, doodgeskiet het. Getuie D het in November voor die kommissie getuig dat die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisiedepartement, Julius Mkhwanazi, by die oënskynlike toesmeer van 'n moord betrokke is. Polisiewoordvoerder…
6 Dec 4AM 1 min

Sperdatum vir Starlink-insette kruip nader

Cran het 'n opdatering uitgereik van die proses wat met Starlink se lisensie-aansoek verband hou. Die lisensiebod is volledig op 28 November in die Staatskoerant gepubliseer en belanghebbendes het die geleentheid om insette te lewer voor Vrydag, 12 Desember. Starlink-voorstander Peet van Staden, elektroniese ingenieur en suideboer vra die publiek…
6 Dec 3AM 1 min