
Reaksie op maatskaplike ‘weduweetoelaag’
Loading player...
Die Erongo Weduwee-vereniging doen 'n beroep op die regering om finansiële ondersteuning vir weduwees te oorweeg, veral jonger vroue en diegene wat alleen kinders grootmaak, soortgelyk aan oumens pensioen of gestremdheidstoelaes. Die vereniging sê baie weduwees sukkel om kop bo water te hou nadat hulle hul primêre broodwinners verloor het. Die regering bestee reeds meer as 7,2 miljard Namibiese dollar op die bestaande toelaes, sonder die van die PLAN-veterane. Voormalige Ombudsman John Walters het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Namibië, as 'n Christelike nasie, sulke ondersteuning kan oorweeg.

