Uitgelewerde Nzimande-broers uiters gevaarlik: polisie

Loading player...
Die polisie sê die moordverdagte broers Siyabonga en Malusi Nzimande, wat vanoggend uit Eswatini uitgelewer is, hou 'n groot gevaar vir die samelewing in. Woordvoerder Athlenda Mathe sê die polisie het sterk bewyse wat hulle met drie moordsake verbind, insluitend dié op die kletsrymer Kiernan 'AKA' Forbes en Tebello 'Tibz' Motsoane. Mathe beskryf hulle as huurmoordenaars wat agter tralies moet bly. Sy het bevestig sewe beskuldigdes is nou in aanhouding en geen verdere inhegtenisnemings word verwag nie:
11 Nov 2025 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ministerie sal weer in Zambezi teen sprinkane besproei na oorstromings

Die landbouministerie het ‘n opdatering gegee rakende die sprinkaan-uitbreking in die Zambezi-streek wat sedert Januarie vanjaar woed. Besproeiing, beide deur grondspanne en met hommeltuie is reeds toegepas tot die oorstromings in die streek in begin Maart. Woordvoerder Romeo Muyunda sê 32 896 hektaar het behandeling nodig waarvan 7 124 hektaar…
8 Apr 2AM 1 min

SA ontvang meer as 37 miljoen Lenacapavir-dosisse

Die Departement van Gesondheid het die aankoms verwelkom van die eerste besending van die MIV-voorkomende medisyne Lenacapavir in Suid-Afrika. Die besending sluit 37,9 miljoen dosisse van die sesmaandelikse inspuiting in, wat na verwagting sal help om nuwe MIV-infeksies, veral onder hoërisikogroepe, te voorkom. Foster Mohale van die departement sê die…
8 Apr 2AM 1 min

Orion presteer uiters goed gedurende sending

NASA se hoof van eksplorasie-ontwikkeling, dr. Lori Glaze sê Orion presteer uiters goed tydens die Artemis II-sending. NASA het ‘n perskonferensie gehou rakende die sending. Volgens Glaze het die stelsels so goed vertoon dat Orion weer in die volgende twee jaar, twee sendings kan voltooi.
8 Apr 1AM 1 min

Cyril sê hy hanteer Masemola-saak

President Cyril Ramaphosa sê hy sal binnekort ʼn besluit neem oor die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, wat op 21 April in die hof moet verskyn. Dit hou verband met ʼn tender van 360 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat onregmatig aan Medicare24 toegeken is, en wat aan die omstrede, misdaad-beskuldigde sakeman, Vusumuzi…
8 Apr 1AM 1 min

Reaksie op maatskaplike ‘weduweetoelaag’

Die Erongo Weduwee-vereniging doen 'n beroep op die regering om finansiële ondersteuning vir weduwees te oorweeg, veral jonger vroue en diegene wat alleen kinders grootmaak, soortgelyk aan oumens pensioen of gestremdheidstoelaes. Die vereniging sê baie weduwees sukkel om kop bo water te hou nadat hulle hul primêre broodwinners verloor het…
8 Apr 1AM 1 min