Godongwana lewer môre middeltermynbegroting

Loading player...
Die DA sê die mediumtermynbegroting-beleidsverklaring mag nie groot besteding, inkomste-tekorte en hoër belasting bevat nie. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer môre sy mediumtermynbegroting in die Parlement. Die begrotingsverklaring handel oor die regering se ekonomiese beleidsraamwerk, verskaf bygewerkte ekonomiese vooruitsigte, wysig departementele begrotings en gee goedkeuring vir noodbesteding. Mark Burke van die DA sê hy verwag die begroting sal welverdiende oorwinnings weerspieël en versterk:
11 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ministerie sal weer in Zambezi teen sprinkane besproei na oorstromings

Die landbouministerie het ‘n opdatering gegee rakende die sprinkaan-uitbreking in die Zambezi-streek wat sedert Januarie vanjaar woed. Besproeiing, beide deur grondspanne en met hommeltuie is reeds toegepas tot die oorstromings in die streek in begin Maart. Woordvoerder Romeo Muyunda sê 32 896 hektaar het behandeling nodig waarvan 7 124 hektaar…
8 Apr 2AM 1 min

SA ontvang meer as 37 miljoen Lenacapavir-dosisse

Die Departement van Gesondheid het die aankoms verwelkom van die eerste besending van die MIV-voorkomende medisyne Lenacapavir in Suid-Afrika. Die besending sluit 37,9 miljoen dosisse van die sesmaandelikse inspuiting in, wat na verwagting sal help om nuwe MIV-infeksies, veral onder hoërisikogroepe, te voorkom. Foster Mohale van die departement sê die…
8 Apr 2AM 1 min

Orion presteer uiters goed gedurende sending

NASA se hoof van eksplorasie-ontwikkeling, dr. Lori Glaze sê Orion presteer uiters goed tydens die Artemis II-sending. NASA het ‘n perskonferensie gehou rakende die sending. Volgens Glaze het die stelsels so goed vertoon dat Orion weer in die volgende twee jaar, twee sendings kan voltooi.
8 Apr 1AM 1 min

Cyril sê hy hanteer Masemola-saak

President Cyril Ramaphosa sê hy sal binnekort ʼn besluit neem oor die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, wat op 21 April in die hof moet verskyn. Dit hou verband met ʼn tender van 360 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat onregmatig aan Medicare24 toegeken is, en wat aan die omstrede, misdaad-beskuldigde sakeman, Vusumuzi…
8 Apr 1AM 1 min

Reaksie op maatskaplike ‘weduweetoelaag’

Die Erongo Weduwee-vereniging doen 'n beroep op die regering om finansiële ondersteuning vir weduwees te oorweeg, veral jonger vroue en diegene wat alleen kinders grootmaak, soortgelyk aan oumens pensioen of gestremdheidstoelaes. Die vereniging sê baie weduwees sukkel om kop bo water te hou nadat hulle hul primêre broodwinners verloor het…
8 Apr 1AM 1 min