DA het kommer oor georganiseerde misdaad in Tafelbaai-reservaat

Loading player...
Die DA in die Wes-Kaap sê die slagting van 19 skilpaaie in die Tafelbaai-natuurreservaat georganiseerde wildmisdaad in die streek uitgelig. Dave Bryant sê die DA sal parlementêre vrae aan die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning voorlê en dring daarop aan dat die publiek verdagte aktiwiteite aanmeld. Bryant het CapeNature, die Stad Kaapstad en die Dierebeskermingsvereniging geprys vir hul pogings om geregtigheid te laat geskied:
11 Nov 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibiese jagluipers floreer in Indië, sê hoë kommissaris

Indië se hoë kommissaris in Namibië, Rahul Shrivastava, sê die integrasie van Namibiese jagluiperds in die land vorder goed. Indië se jagluiperds uit Namibië sluit nou ‘n derde generasie welpies in en daar is in totaal 17 van dié katte van Namibiese herkoms in die land. Shrivastava het Vrydag in…
7 Dec 2AM 1 min

Sluipmoord op Madlanga-getuie 'onaanvaarbaar', sê Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa vra vir 'n spoedige ondersoek en sterker getuiebeskermingsmaatreëls na die moord op Marius van der Merwe, bekend as Getuie D by die Madlanga-kommissie. Die 41-jarige is Vrydagaand verskeie kere voor sy gesin buite hul huis in Brakpan in Ekurhuleni geskiet. Ramaphosa sê Van der Merwe het die…
7 Dec 1AM 1 min

Regering gaan net nie geld aan jeug 'uitdeel' nie, sê NNN

Die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds wat die regering vroeër vanjaar as teenvoeter vir werkloosheid van stapel gestuur het, het reeds sowat 700 werksgeleenthede geskep, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah Saterdag tydens die sentrale komiteevergadering van Swapo se Jeugliga gesê. Meer as ‘n honderd projekte is tot dusver befonds. Nandi-Ndaitwah het nie doekies omgedraai…
7 Dec 12AM 1 min

Polisie las klopjag ná massaskietvoorval in Pretoria

Die polisie het 'n klopjag na drie verdagtes van stapel gestuur na die moord op elf mense by 'n sjebien die Saulsville Hostel in Atteridgeville, in die weste van Pretoria. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die verdagtes het Saterdagoggend by die kuierplek aangekom en lukraak begin skiet. 'n Totaal van 25…
7 Dec 12AM 1 min

Goeie plaaslike oes laat pryse tuimel

Voermeester gee 'n oorsig oor die plaaslike oes van makro-kommoditeite wat bo-verwagting goeie resultate gelewer het. Dit het veroorsaak dat die aanbod die vraag oorskry, wat pryse laat daal het. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaco Labuschagne, die uitvoerende hoof van Voermeester gepraat:
6 Dec 5AM 1 min