
De Beers-aandele: Namibië moet dit aangryp
Loading player...
Kabinet het volgens berigte in beginsel goedkeuring gegee vir Namibië se deelname saam met Angola en Botswana om aandele in De Beers te verkry. Dit kom terwyl Anglo American voorberei om sy aandeel in die diamantreus te verkoop. Voormalige Namdia-baas Kennedy Hamutenya sê Namibië moet die geleentheid aangryp. Hamutenya het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die huidige afswaai in die diamantmark 'n seldsame geleentheid vir Namibië bied.

