
Beter opleiding vir beamptes en geestesgesondheidsorg vir gevangenes
Loading player...
Kliniese sielkundige Shaun Whittaker sê die onlangse stekery van 'n polisiebeampte deur 'n geestesongestelde gevangene by die Rundu-polisiestasie is diep kommerwekkend en laat ernstige vrae ontstaan oor veiligheids- en geestesgesondheidsprotokolle binne polisieselle. Whittaker het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat voorvalle soos hierdie die dringende behoefte aan behoorlike psigiatriese opleiding en spesiale prosedures beklemtoon om gevangenes met geestesgesondheidsuitdagings te hanteer. Hy sê dit moet dien as 'n wekroep vir beter geestesgesondheidsorg.

