
Wettiging van handel in renosterhoring sal stroopsyfers laat daal
Loading player...
Na die bevestiging deur die omgewingsministerie dat 37 renosters reeds vanjaar in Namibië gestroop is teenoor 28 verlede jaar, sê bewaringskundiges weer dat handel in renosterhoring gewettig moet word. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaco Muller van die Rhino Momma-projek gepraat en hy sê die hoofrede vir die toename is omdat die prys van renosterhorings hoog bly – omdat dit gesmokkel word.

