
Weerdiens waarsku teen swaar storms, kitsvloede
Loading player...
Die Namibiese Meteorologiese Diens het 'n waarskuwing uitgereik oor swaar storms en moontlike kitsvloede in die sentrale-noordelike en oostelike //Kharas-streek oor die volgende paar dae. Hoofweervoorspeller Odillo Kgobetsi het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat terwyl die weste sonnig en baie warm sal bly, verspreide donderbuie oor dele van die binneland verwag word en kusbewoners matige tot warm toestande kan verwag.

