
MTC Handelsmerk- en Bemarkingsindaba skop af
Loading player...
Die langverwagte MTC Handelsmerk- en Bemarkingsindaba het vandag in Windhoek afgeskop met meer as 300 afgevaardigdes en ten minste 30 uitstallers. Dit is die eerste geleentheid van sy soort in Namibië en bied waardevolle insigte, impakvolle aanbiedings en paneelbesprekings deur bekende internasionale en plaaslike kundiges. Hulle sal gesels oor handelsmerke, bemarking, kommunikasie, openbare betrekkinge en advertensies. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met John Ekongo, MTC se woordvoerder, wat die belangrikheid van die geleentheid uitlig.

