
Fosa eis ‘n ondersoek na die misdaadnetwerk wat met Nkosi verbind word
Loading player...
Die Forum for South Africa vra 'n omvattende ondersoek na die wyer misdaadnetwerk wat met die polisiesersant Fannie Nkosi van die Gautengse Georganiseerde Misdaadeenheid verbind word. Hy is van talle klagtes aangekla nadat die polisie verlede week op sy huis toegeslaan en versteekte vuurwapens, kontant en ses polisiedossiere onder 'n matras aangetref het. Die leier van Fosa, Tebogo Mashilompane, sê Nkosi se inhegtenisneming moet beskou word as die begin van die blootlegging van 'n baie wyer korrupsienetwerk:

