In haar tweede staatsrede in die parlement vanmiddag sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah dat buitelandse belegging momentum kry. Sy sê 28 buitelandse-gesteunde projekte wat in 2025 geregistreer is, het meer as 3 430 werksgeleenthede geskep, terwyl groot ontwikkelings, insluitend die Osino-goudmyn en Etango-uraanmyn, na verwagting die totale indiensneming tot meer as…
Die Melkprodusente-organisasie sê die regering se inentingsveldtog het gehelp om die uitwerking van bek-en-klouseer-uitbrekings op melkkuddes te beperk. Die land het teen verlede maand meer as 1 200 gevalle aangeteken waarvan die meeste in KwaZulu-Natal was. Die organisasie se uitvoerende hoof, Fanie Ferreira, sê inentingsprogramme is uiters belangrik om kuddegesondheid…
Die langverwagte MTC Handelsmerk- en Bemarkingsindaba het vandag in Windhoek afgeskop met meer as 300 afgevaardigdes en ten minste 30 uitstallers. Dit is die eerste geleentheid van sy soort in Namibië en bied waardevolle insigte, impakvolle aanbiedings en paneelbesprekings deur bekende internasionale en plaaslike kundiges. Hulle sal gesels oor handelsmerke,…
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, verwelkom die skietstilstand van twee weke tussen Amerika en Iran. Volgens die ooreenkoms sal Teheran die belangrike seeroete, die Straat van Hormuz waarlangs ʼn vyfde van die wêreld se olie vervoer word, heropen. Guterres se woordvoerder, Stéphane Dujarric, sê alle partye moet die…
Die Forum for South Africa vra 'n omvattende ondersoek na die wyer misdaadnetwerk wat met die polisiesersant Fannie Nkosi van die Gautengse Georganiseerde Misdaadeenheid verbind word. Hy is van talle klagtes aangekla nadat die polisie verlede week op sy huis toegeslaan en versteekte vuurwapens, kontant en ses polisiedossiere onder 'n…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.