ILO looi Namibië oor sy werksbeleid

Loading player...
Die Internasionale Arbeidsorganisasie het Namibië gekritiseer vir die swak implementering van sy werksbeleid. Tydens 'n geleentheid van die Ekonomiese Vereniging van Namibië het die organsasie se werkspesialis Jealous Chirove gesê dat die Tweede Nasionale Werksbeleid van 2014 tot 2017, nie sy doelwitte bereik het nie. Die beleid was daarop gemik om werk te skep deur ekonomiese hervormings, landbou-geleide industrialisering, SME-groei, vaardigheidsontwikkeling, toerisme en hernubare energie. Geen nuwe nasionale werkverskaffingsbeleid is sedertdien van stapel gestuur nie. Chirove waarsku dat Namibië moet vermy om vorige foute te herhaal om sy teiken van 500 000 werksgeleenthede teen 2030 te bereik.
30 Oct 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

KI in die werkplek, Nipam hou seminar

Namate kunsmatige intelligensie deel word van die daaglikse werksomgewings in die land, skuif die aandag na hoe dit doeltreffend gebruik kan word. Die Namibiese Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur, Nipam, sal op 12 Mei 'n KI-leierskapseminaar in Windhoek aanbied. Woordvoerder Johannes Hatutale sê die seminaar sal fokus op praktiese…
9 Apr 6AM 1 min

VF+ sê kultuur van geweld stuur SA op gevaarlike koers na anargie

Die Vryheidsfront Plus sê die kultuur van geweld in Suid-Afrika laat nie net die land ontspoor nie, maar laat dit afstuur op anargie en volslae chaos. Dit volg na die onlangse moord op Danie Oosthuizen, ʼn afgetrede NG-dominee van Primrose-Oos in Germiston, Gauteng. Jaco Mulder van die VF Plus sê…
9 Apr 6AM 1 min

Inflasie: Vrugte skiet die hoogte in

Terwyl algehele inflasie op 2,1 persent vir Maart, teenoor 2,4 persent in Februarie ingekom het, styg voedselpryse steeds. Die Namibiese Statistieke-agentskap het die jongste syfers bekend gemaak. Yanna Smith het meer.
9 Apr 6AM 1 min

Iran-oorlog: Ekonomiese herstel sal twee jaar neem sê Roodt

Die aankondiging van 'n skietstilstand in die oorlog van Amerika en Israel teen Iran lok steeds reaksie uit, veral omdat Libanon volgens Israel nie deel daarvan vorm nie. Die skietstilstand word as broos beskryf, onder andere omdat Israel voortgaan met aanvalle op Hisbollah in Libanon. Suid Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt…
9 Apr 6AM 1 min