ILO looi Namibië oor sy werksbeleid

Loading player...
Die Internasionale Arbeidsorganisasie het Namibië gekritiseer vir die swak implementering van sy werksbeleid. Tydens 'n geleentheid van die Ekonomiese Vereniging van Namibië het die organsasie se werkspesialis Jealous Chirove gesê dat die Tweede Nasionale Werksbeleid van 2014 tot 2017, nie sy doelwitte bereik het nie. Die beleid was daarop gemik om werk te skep deur ekonomiese hervormings, landbou-geleide industrialisering, SME-groei, vaardigheidsontwikkeling, toerisme en hernubare energie. Geen nuwe nasionale werkverskaffingsbeleid is sedertdien van stapel gestuur nie. Chirove waarsku dat Namibië moet vermy om vorige foute te herhaal om sy teiken van 500 000 werksgeleenthede teen 2030 te bereik.
30 Oct 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Handelaars wat voorwaardes aan kaartbetalings heg, geroskam

Die Betalingsvereniging van Namibië tree strenger op teen besighede wat kaartbetalings vir klein aankope weier of ekstra fooie hef. Die vereniging sê hierdie praktyke is onwettig en oortree nasionale en internasionale betalingsreëls. Verbruikers kan nou met 'n kaart betaal vir enige bedrag sonder om gedwing te word om meer te…
18 Jan 11PM 1 min

Riglyne rakende sandmynbedrywighede skiet kort

Die IPC sê die regering se optrede teen onwettige sand- en gruisontginning het heeltemal te laat gekom. Die skaduminister van omgewingsake, Rodrick Likando, sê die regering se verklaring wat 'n einde maak aan onwettige ontginning, bevestig net waarmee gemeenskappe jare lank saamleef, naamlik dat onwettige ontginning buite beheer is en…
18 Jan 11PM 1 min

Museveni is 'n meester in verkiesingsmanipulasie

Reaksie word ontvang op Uganda se presidensiële verkiesing wat langdienende president Yoweri Museveni as die wenner vir 'n sewende termyn verklaar het met byna 72 persent van die stemme. Opposisieleier Bobi Wine het die uitslae as vals verwerp en gesê die stemming was nie geloofwaardig of wettig nie, en het…
18 Jan 11PM 1 min

Reën belemmer oesbedrywighede by Kalimbeza

Boere by die Kalimbeza-rysplaas naby Katima Mulilo maak gereed vir wat 'n deurbraak-oes oor net twee weke kan wees, volgens plaasbestuurder Patrick Kompeli. Die staatsbeheerde projek het die seisoen gevorder ondanks volgehoue uitdagings in die Zambezi-streek. Kompeli sê nat toestande wat veroorsaak word deur voortdurende reënval is nou die plaas…
18 Jan 10PM 1 min

SA wil saam met Namibië, Botswana Afcon 2028 aanbied

Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, sê Suid-Afrika gaan ʼn bod indien om die 2028 Afrikabekertoernooi aan te bied, en Namibië en Botswana as medegashere uitnooi. Hy het aan SABC Sport in Marokko gesê die bod ondersteun die regering se pogings om groot internasionale geleenthede te lok…
18 Jan 10PM 1 min