
Iran-oorlog: Ekonomiese herstel sal twee jaar neem sê Roodt
Loading player...
Die aankondiging van 'n skietstilstand in die oorlog van Amerika en Israel teen Iran lok steeds reaksie uit, veral omdat Libanon volgens Israel nie deel daarvan vorm nie. Die skietstilstand word as broos beskryf, onder andere omdat Israel voortgaan met aanvalle op Hisbollah in Libanon. Suid Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt het op sosiale media sy kommer uitgespreek.

