Inflasie: Vrugte skiet die hoogte in

Loading player...
Terwyl algehele inflasie op 2,1 persent vir Maart, teenoor 2,4 persent in Februarie ingekom het, styg voedselpryse steeds. Die Namibiese Statistieke-agentskap het die jongste syfers bekend gemaak. Yanna Smith het meer.
9 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe instelling 'sal SME's nie help', eerder banke

'n Voorstel deur die adjunk-onderwys- en innovasieminister, Dino Ballotti, om 'n nuwe semi-staatsinstelling te stig om klein besighede te ondersteun, word afgekeur. Ballotti voer aan dat die huidige 81 miljoen Namibiese dollar toewysing vir kleinsake-ontwikkeling onvoldoende is om SME’s betekenisvol te ondersteun. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het…
9 Apr 8AM 1 min

Iran sal dom wees om skietstilstand te verbreek oor Libanon: Vance

Amerika se visepresident, JD Vance, sê Iran sal dom wees om die skietstilstand van twee weke met Washington in gevaar stel oor Israel se aanvalle in Libanon. Minstens 182 mense is dood in gister se vlaag aanvalle. Amerika en Israel hou vol Libanon is nie deel van die skietstilstand-ooreenkoms nie,…
9 Apr 8AM 1 min

KI in die werkplek, Nipam hou seminar

Namate kunsmatige intelligensie deel word van die daaglikse werksomgewings in die land, skuif die aandag na hoe dit doeltreffend gebruik kan word. Die Namibiese Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur, Nipam, sal op 12 Mei 'n KI-leierskapseminaar in Windhoek aanbied. Woordvoerder Johannes Hatutale sê die seminaar sal fokus op praktiese…
9 Apr 6AM 1 min

VF+ sê kultuur van geweld stuur SA op gevaarlike koers na anargie

Die Vryheidsfront Plus sê die kultuur van geweld in Suid-Afrika laat nie net die land ontspoor nie, maar laat dit afstuur op anargie en volslae chaos. Dit volg na die onlangse moord op Danie Oosthuizen, ʼn afgetrede NG-dominee van Primrose-Oos in Germiston, Gauteng. Jaco Mulder van die VF Plus sê…
9 Apr 6AM 1 min