Rugby: Springbokke stel teleur teen All Blacks

Loading player...
Die All Blacks moes hard teen die Springbokke veg om 'n 24-17 oorwinning op Eden Park in Auckland te behaal, in hul eerste 2025 Rugbykampioenskapswedstryd. Die All Blacks is nou vir 51 wedstryde onoorwonne op die Eden Park stadion. Nieu-Seeland het in die eerste helfte oorheers met drieë deur Emoni Narawa en Will Jordan, en het rustyd met 14-3 voorgeloop. Die Springbokke het teruggeveg en twee drieë gedruk, maar die All Blacks se vroeë voorsprong was net te veel. Die Bokke het tot dusver een wedstryd gewen en twee in die kompetise verloor en is onder aan die punteleer. Springbok-afrigter Rassie Erasmus het ná die wedstryd met die media gepraat:
7 Sep 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ry versigtig, die reën beskadig die reeds ou paaie

Die Paaie-owerheid het motoriste versoek om uiters versigtig te wees op die land se paaie, aangesien wydverspreide reënval, veral in die Kavango-Wes, Kavango-Oos en Zambezi-streke, tot verslegtende padtoestande gelei het. Die owerheid sê dat baie van hierdie paaie meer as 40 jaar oud is en dus meer kwesbaar is vir…
20 Jan 9AM 1 min

Beleid moet na aksie oorgaan om werkkrisis te verlig

Die Wêreld Ekonomiese Forum het 'n gebrek aan ekonomiese geleenthede en werkloosheid geïdentifiseer as een van die top vyf risiko's waarmee Namibië in 2026 te kampe het. Dit het inkomste- en welvaartsongelykheid, stygende skuldvlakke, onvoldoende openbare dienste, misdaad en onwettige aktiwiteite gelys as volgehoue uitdagings wat die land na verwagting…
20 Jan 9AM 1 min

Oorbelaste transmissielyne hou elektrisiteitshandel terug

Van die vyf streekskragpoele wat oor die vasteland gevestig is, staan die Suider-Afrikaanse Kragpoel uit as die mees gevorderde en suksesvolle. Die poel se voortgesette sukses en groei in elektrisiteitshandel word egter beperk deur oorbelaste transmissielyne binne die SAOG-streek, volgens die State of Africa Energy Outlook Report, wat deur die…
20 Jan 9AM 1 min

Solidariteit vra Amerika om SA in Agoa te hou

Solidariteit versoek Amerika om Suid-Afrika se deelname aan die Wet op Afrika-Groei en -Geleenthede te behou. Woordvoerder Jaco Kleynhans sê die voorsitter, Flip Buys, het in 'n brief aan presidente Cyril Ramaphosa en Donald Trump, en die Senaatsleier, John Thune, gevra dat diplomatieke spanning nie die handelsooreenkoms moet ontspoor nie…
20 Jan 8AM 1 min

Australië kry nuwe wette ná Bondi Beach-skietery

Die Laerhuis van Australië se parlement het wette aanvaar om vuurwapens in dié land van eienaars terug te koop en aansoekers vir vuurwapenlisensies se agtergrond strenger na te gaan. Dit volg op die aanval op Bondi Beach in Desember tydens 'n Joodse fees waarin 15 mense dood is. Die terugkoopplan…
20 Jan 8AM 1 min