Build One South Africa vra vir 'n landwye ondersoek na die leerdervervoerstelsel. Dit volg op die dood van 12 leerders hierdie week terwyl hulle skool toe vervoer is in Vanderbijlpark in Gauteng. Die party wil hê die ondersoek moet bestuurdersopleiding, voertuigveiligheid, oorlaaide voertuie en die afdwing van regulasies hersien. BOSA…
Die gebeure by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, bly in die nuus. Wêreldleiers het hulle sterk uitgespreek teen die nuwe neiging in internasionale politiek, geopolitiek en die aanslag van Amerikaanse president Donald Trump. Kanada se premier Mark Carney was nie ‘n uitsondering nie.
Twee verdagtes wat aangekla word van die wrede moord op die transgender vrou Christof “Sexy Charmy” Fredericks, moet vanoggend om nege-uur in die Windhoek hoërhof verskyn. Fredericks is in Mei 2024 doodgesteek gevind te midde van 'n krisis in anti-LGBT-geweld na omstrede parlementêre wetsontwerpe en haatspraak. Kosmos 94.1 Nuus het…
Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê president Donald Trump van Amerika se dreigement om tariewe teen Europese lande in te stel oor hul standpunt oor Groenland, is ʼn fout. Trump het die naweek gesê hy gaan van Februarie af tariewe van tien-persent instel op goedere van…
President Donald Trump sê Amerika sal ʼn manier vind om Groenland te bekom wat Amerika én die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie gelukkig sal maak. Hy het gister joernaliste by die Withuis toegespreek tydens die eerste herdenking van die dag waarop hy as die 47ste president van Amerika ingesweer is. Trump sê hy…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.