
Trump se tariewe-dreigement kan verhouding versuur
Loading player...
Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê president Donald Trump van Amerika se dreigement om tariewe teen Europese lande in te stel oor hul standpunt oor Groenland, is ʼn fout. Trump het die naweek gesê hy gaan van Februarie af tariewe van tien-persent instel op goedere van agt Navo-bondgenote indien hulle sy voorgestelde oorname van Groenland teenstaan. Hy dreig om dit teen Junie tot 25-persent te verhoog. Von der Leyen sê Trump se dreigement kan Europa en Amerika se verhouding versuur:

