
BOSA vra nasionale ondersoek na leerdervervoer
Loading player...
Build One South Africa vra vir 'n landwye ondersoek na die leerdervervoerstelsel. Dit volg op die dood van 12 leerders hierdie week terwyl hulle skool toe vervoer is in Vanderbijlpark in Gauteng. Die party wil hê die ondersoek moet bestuurdersopleiding, voertuigveiligheid, oorlaaide voertuie en die afdwing van regulasies hersien. BOSA waarsku teen die uitbreiding van die stelsel sonder dringende hervormings. Woordvoerder Roger Solomons sê onveilige vervoer plaas leerders se lewens in gevaar, en hy versoek die regering om onmiddellik op te tree:

