Kombat-myn sal moontlik in K4 bedrywighede hervat

Loading player...
In Mei 2025 het Trigon Metals ingestem om sy hele belang in Namibië se Kombat-myn aan Horizon Corporation te verkoop vir 24 miljoen Amerikaanse dollar. Dit kom na die myn op 16 Januarie oorstroom het. Daar is destyds gesê Kombat kan bedrywighede in die laaste kwartaal van vanjaar hervat, so vroeg as September. Intussen is amper 500 mynwerkers huis toe gestuur met die belofte dat hulle eerste weer in diens geneem sal word. George Ampweya van die Mynwerkersvakbond het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
28 Aug 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Soedan se humanitêre krisis ergste in moderne geskiedenis

Die VN se hoë kommissaris vir vlugtelinge, Barham Salih, sê die krimping van humanitêre hulp die 'ongekende' Soedanese vlugtelingkrisis baie moeiliker maak. Hy sê 117 miljoen is ontheem – die ergste in die moderne geskiedenis. Hy het met Sky News gepraat.
21 Jan 4AM 1 min

Oshikoto rol bystand vir SME's handelaars, projekte uit

Gemeenskapslede van verskillende kiesafdelings in die Oshikoto-streek het toerusting en materiaal van die Oshikoto-streekraad ontvang onder sy Mikro-inkomstegenererende Projekte-skema, wat daarop gemik is om lewensomstandighede te verbeter en selfstandige werk te bevorder. Tydens die oorhandigingsplegtigheid het die goewerneur van die Oshikoto-streek, Sacky Kathindi, gesê die inisiatief vorm deel van die…
21 Jan 2AM 1 min

Cosatu kritiseer verhoging vir staatsamptenare

Die vakverbond Cosatu is ontsteld oor die 2026-salarisverhoging vir politici, provinsiale wetgewers en munisipale raadslede. Die verhoging van 3,8-persent is effens minder as die voorgestelde 4,1-persent. Dit volg egter terwyl voorstelinie-werkers en munisipale personeel betalingsvertragings en besparingsmaatreëls moet trotseer. Matthew Parks van Cosatu sê die verhoging stuur die verkeerde boodskap…
21 Jan 2AM 1 min

BOSA vra nasionale ondersoek na leerdervervoer

Build One South Africa vra vir 'n landwye ondersoek na die leerdervervoerstelsel. Dit volg op die dood van 12 leerders hierdie week terwyl hulle skool toe vervoer is in Vanderbijlpark in Gauteng. Die party wil hê die ondersoek moet bestuurdersopleiding, voertuigveiligheid, oorlaaide voertuie en die afdwing van regulasies hersien. BOSA…
21 Jan 1AM 1 min

Carney se Davos-toespraak eggo Newsom se kommentaar

Die gebeure by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, bly in die nuus. Wêreldleiers het hulle sterk uitgespreek teen die nuwe neiging in internasionale politiek, geopolitiek en die aanslag van Amerikaanse president Donald Trump. Kanada se premier Mark Carney was nie ‘n uitsondering nie.
21 Jan 1AM 1 min