
Cosatu kritiseer verhoging vir staatsamptenare
Loading player...
Die vakverbond Cosatu is ontsteld oor die 2026-salarisverhoging vir politici, provinsiale wetgewers en munisipale raadslede. Die verhoging van 3,8-persent is effens minder as die voorgestelde 4,1-persent. Dit volg egter terwyl voorstelinie-werkers en munisipale personeel betalingsvertragings en besparingsmaatreëls moet trotseer. Matthew Parks van Cosatu sê die verhoging stuur die verkeerde boodskap aan Suid-Afrikaners. Parks vra toekomstige salarisverhogings moet met prestasie verband hou met openbare insette voor dit goedgekeur word:

